Wednesday, June 07, 2006

woensdag, soos baie ander

vandag het ek lus om in Afrikaans te skryf. ek wonder dus, op hierdie oomblik, hoeveel Internetbronne daar wel in Afrikaans is aanlyn. na hierdie blog sal sommige my seker ´n kampvegter vir die taal noem; net soos hulle my as kampvegter vir die "corrida" ook nou mag beskou. ag, wel, "see the worry in my eye". (smile) ek het selde kans om deesdae Afrikaans te gebruik, so ek oefen ´n bietjie hierso. kennis van ´n taal is nooit te versuim nie, dit sonder om te dink aan die redes rondom waarom of hoe die taal geleer is. byvoorbeeld, my moedertaal is Engels. ons het Engels in my ouerhuis gepraat, gegee dat my Ma (wie se nooiensvan "Pearce" is) Engels-sprekend was/is, maar ek het groot geword omring deur Afrikaans-sprekende maatjies. Maar, "no surprises", dit was nie standaard Afrikaans nie. Ook, ek het tot ongeveer die ouderdom van 15 ´n Afrikaans-medium skool bygewoon. Nie deur my eie toedoen nie. Dit was "government-decreed". So, ek is, in alle soorte opsigte, geforseer om Afrikaans te leer. Maar nou ja. Dit was ´n realiteit. Die ander deel van die realiteit is dat dit nooit iets verlore is as mens ´n taal leer nie. By bestek is dit tog ´n goeie ding (hier sonder om die allerlei omstandighede van verdrukking te oorweeg). So, ´n mens se wêreld word altyd verryk met die leer van ´n/enige taal.

ons is amper aan die einde van die akademiese jaar hier in Spanje, dus word ek herinner aan my dae as dosent terug in Suid-Afrika, en dis ´n bietjie van ´n gemors met my kop, want aangesien die akademiese jare nie ooreenstem tussen Suid-Afrika en hier nie, voel dit asof ek miskien in Oktober reeds is (omdat ek gewoonlik ´n "einde van die jaar" gevoel dan het). Maar nou ja, dinkende nou aan my onlangse ervaringe met die "corrida", word ek herinner aan Uys Krige http://en.wikipedia.org/wiki/Uys_Krige, want ek weet dat hy ietwat van ´n "obsession" met Spanje gehad het. Ook, hy het baie van Federico García Lorca se werke vertaal het vanuit Spaans na Afrikaans. Ook, een van my eerste Spaanse tutors, ´n sekere (ooh, ek onthou haar gesig baie goed, maar naam vergeet ek nou...) Haldane was haar van. Sy´t toentertyd (ongeveer 1996) haar Doktersgraad by UNISA gedoen (en ook ´n tyd by die Universiteit van León in Spanje deurgebring) in Spaanse literatuur en het juis ´n studie gedoen wat gehandel het oor Uys Krige. Dis wat ek onthou. In elk geval, ek moet nou gaan. Ek´s uitgeput met dink in Afrikaans :)

0 Comments:

Post a Comment

<< Home